Amerikaanse regering se “afsluiting”

Die Amerikaanse wetgewing maak voorsiening vir ’n drastiese stap wat bekendstaan as “die regering se afsluiting” wanneer die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers nie tot ’n ooreenkoms kan kom nie.

Die krisis bestaan tans dat ’n “geringe afsluiting” tans van toepassing is weens die verskil tussen die republikeine en die Demokrate oor die finansiering van die grensmuur op die grens met Meksiko.

Die “regering s afsluiting” beteken dat minder noodsaaklike instansies soos parke, biblioteke, museums en ander staatsinstellings se ondergeskikte personeel nie verder kan werk nie en huis toe gestuur word met verpligte onbetaalde verlof.

Alhoewel die VSA nog net drie ernstige afsluitings gehad het in die afgelope twee dekades, kos dit die land miljoene dollar.

Die Clinton regering het twee ker so ’n afsluiting gehad, en Obama het ’n 16 dae lange sluiting gehad wat die land miljarde dollar gekos het.

Die huidige “kwart afsluiting” word nie as ernstig beskou nie, maar kan lei tot geen ooreenkoms om die grensmuur op te rig nie.

’n Woordvoerder van die Trump-regering het egter daarop gewys dat hulle gereedmaak vir ’n lang afsluiting aangesien die standpunte tussen die Republikeine en Demokrate so oor die oprigting van die grensmuur so groot is dat ’n uiteindelike ooreenkoms moeilik bereik gaan word.