Amerikaanse minister tree uit

Die Amerikaanse Minister van Binnelandse Sake, Ryan Zinke, het sy uittrede aan die president bekendgemaak.

Minister Zinke sal sy dienste beëindig op 31 Desember en ’n opvolger sal vroeg in Januarie 2019 aangewys word.

President Trump het die minister op die sosiale netwerk bedank vir sy goeie werk tydens die afgelope twee jaar, naar geen melding gemaak van wanneer n opvolger aangestel sal word nie.

Die vermoede bestaan dat die president nog hierdie week ’n aankondiging sal maak van ’n nuwe minister.

Zinke, wat ’n sakeman is, se belange vereis blykbaar dat hy terugkeer na sy ondernemings wat die afgelope twee jaar sonder hom bedryf is.

Hy was ook vit jare die verkose lid van die Huis van Verteenwoordigers vir die Montana gebied.

Foto – Ryan Zinke