Trump waarsku die karavaan voetslaners

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het weereens gewaarsku dat die duisende voetslaners wat tans onderweg is na die Meksiko-Amerika grens, gestuit sal word deur die VSA se Weermag troepe.

President Trump het daarop gewys dat onwettige immigrante wat dink hulle kan die grens oorsteek sonder wettige dokumente, of die soldate met klippe gooi, kan drastiese optrede van die Weermag verwag.

Hy sê die soldate kan selfs geweervuur gebruik indien die karavaan dink hulle kan op onwettige wyse die land binnegaan.

Die president ht gedreig om nog 10,000 troepe na die gebied te ontplooi ten einde seker te maak dat geen onwettige immigrant die land ingaan nie, en gesê die onwettige immigrante se gewelddadigheid sal met geweld begroet word deur die soldate.

Hy sê die Weermag bevelvoerders het opdrag om elke klip wat opgetel word deur die voetslaners, as ’n geweer beskou moet word.

Die voetslaners het nog sowat 900 kilometer om te stap, en baie probeer saam met groot vragmotors saamry, terwyl baie reds besluit het om terug te draai nadat hulle die optrede van Amerika op die sosiale netwerk gesien het.

Foto – Kinders in ’n beestrok gelaai