Rugkrappery en die ANC

Ten spyte van vele berigte en bewerings van onreëlmatige optredes en sameswerings teen Ace Magashula het die ANC se hoofbestuur ‘n “verrassings “ partytjie vir hom gehou op sy verjaarsdag.

Die ANC president, Cyril Ramaphosa het letterlik hom met mond-politiek gesmeer oor hoe aantreklik hy is en hoe hy nog steeds in statuur groei.

Jacob Zuma was ook teenwoordig, alhoewel in die agter gestoeltes was en geen prominente rol kon vervul nie.

Die vermoede bestaan dat Ramaphosa geleidelik in dieselfde groef as sy voorgangers sal beland en die korrupsie, en ander ongerymdhede, sal verdra om sy eie posisie t beskerm en te versterk..