Nog lande kan VN projek verlaat

Die Tsjeggiese leier,  Andrej Babis, het in ’n verklaring gesê die Tsjeggiese Republiek mag moontlik die optrede van Oostenryk, Amerika en Hongarye volg en uit die Verenigde Nasies se Immigrante Projek onttrek.

Dit volg nadat die Europese Unie sy misnoeë uitgespreek het teenoor Oostenryk wat besluit het om uit die ooreenkoms te onttrek.

Eerste Minister Babis het te velde getrek teen die VN se Immigrante ooreenkoms wat in Desember vanjaar in werking gestel word.

Die VSA, Hongarye ’n Oostenryk het reeds kennis gegee dat hulle nie die ooreenkoms sal onderteken wat ten doel het om ’n sogenaamde veilige en ordelike verspreiding van onwettige immigrante sal reël en reguleer.

Die premier het gesê hy hou niks van die VN ooreenkoms nie aangesien dit nie duidlike riglyne aandui van hoe die immigrante verdeel sal word nie.

Hy sê die lande wat onttrek het stel ’n voorbeeld, en Pole is op die punt om ook nie die ooreenkoms te onderteken nie.

Premier Andrej Babis het vroeër tot groot frustrasie van di Europese Unie geweier om enige onwettige immigrante in sy land toe te laat sedert hy aan bewind gekom het in Desember 2017.