N-Korea dreig om kernprogram te hervat

Noord-Korea dreig met die hervatting van sy omstrede Kernprogram indien die Amerikaans regering nie die streng sanksies wil ophef nie.

Die kommunistiese Minister van Buitelandse Sake se woordvoerder in Noord-Korea sê die VSA moet eerder stop met sy vernietigende sanksies van druk uitoefening op sy land

“As die VSA sy arrogante optrede bly voortsit, em nie sy standpunt gaan verandr nie, sal Noord-Korea moontlik sy kernwapen kragte weer opbou”, het die woordvoerder gesê.

Die uitlatings kom te midde van die toenemend spanning tussen Noord-Korea en die VSA oor die beeïndiging van di kommunistiese skiereiland se kernprogram.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër gesê die sanksies sal opgehef word nadat internasionale inspeksie gedoen is dat al die  installasies vir kernwapen ontwikkeling afgetakel en vernietig is.

Intussen het di president van Suid-Korea gesê die noordelik buurstaat kan gehelp word om ’n bloeiende ekonomie te kry sodra die kernwapen projek finaal beëindig is.

Foto – Kim Jong-Un saam met president Trump