Monterings hommeltuig afgeskiet

Duitsland en Frankryk beweer dat dit voorkom asof Russies ondersteunde separatiste in die ooste van die Oekraïne ’n hommeltuig wat gebruik word deur die organisasie vir Veiligheid en Samewerking neergeskiet het.

Die hommeltuig wat klaarblyklik die eiendom van die Europese Spesiale Monitering Sending in die Oekraïne, was besig met ’n normale roetine vlug.

In ’n sterk bewoorde gesamentlike verklaring wat deur Duitsland se Minister van Buitelandse Sake vrygestel is,  sê die lang-afstand hommeltuig ht iewers weggeraak  op 27 Oktober gedurende ’n nagvlug, kort nadat dit ’n grond-tot-lug missiel stelsel opgespoor het wat nie deur die Oekraïne se regering beheer word nie.

Die bewering word gemaak dat die Russies gesteunde separatiste verantwoordelik is vir die neerskiet van di hommeltuig wat glo redelik na aan die Russiese grens beweeg het teen ’n beraamde hoogte van sowat 2,000 meter.

Spanning tussen die regerings van die Oekraïne en Rusland het skerp toegneem sedert die pro-Russiese separatiste ’n deel van die Oekraïne onafhanklik verklaar het en hulle skaar by Rusland as bondgenoot.