Kragtige aardbewing skud Chili

’n Kragtige aardbewing het die naweek die Suid-Amerikaanse staat Chili geskud wat 6,2 p die Richterskaal geregistreer het..

Die noordelike gebied van die land is swaar getref alhoewel die middelpunt van die skudding 92 kilometer dip was.

Die aardbewing was sowat 40 kilometer ten suide van Camiña, in die Tarapacá omgewing maar die hoofstad Santiago het geen skuddings gehad nie.

Dele van die buurlande Peru en Bolivia het ook die skok en naskokke gevoel, maar geen skade is aangeteken nie.

Dit is onbekend hoeveel skade in Chili ondervind is wat enkele jare gelede ’n baie hewige aardbewing gehad het wat sakeondernemings en woonplekke met die grond gelyk gemaak het.

Polisie woordvoerders sê dat groot paniek losgebars het, maar dat geen ongevall gerapporteer is nie.