Hewige storms eis lewens in Italië

Swaar reën neerslae wat gepaard gaan met hewige wind het die afgelope week die lewens van minstens 29 mense geëis in Italië, terwyl tientalle in hospitale opgeneem moes word.

In een geval het 9 mense omgekom in ’n grondverskuiwing weens die swaar reën en kon reddingswerkers nie daarin slaag om die tonne grond vinnig verwyder te kry nie.

Die geweldige stormweer en windsterkte van tot 180 kilometer per uur wat in die noordelike deel van die land woed, het ook veroorsaak dat sowat 14 miljoen bome in woude van Italië omgeval het.

Honderde bome is ontwortel, duisende het geknak onder die geweld van stormwind, en minstens 160,000 mense sit sonder elektrisiteit terwyl baie sakeondernemings gestrand is weens die kragonderbrekings.

Die goewerneur van die streek sê die stormweer skade het gevolg nadat ’n aardbewing die gebid geskud het., maar die krag van die skudding is nie bekend nie.