Die Amerikaanse verkiesing

Nog nooit in die geskiedenis van die Amerikaanse middel-verkiesing was daar met soveel venyn teen die Republikeine opgetree as wat vanjaar ondervind is nie.

Di grootste sondebok is die vorige president, Barack Obama, wat die geveg teen die Republikeine verskuif het na die laakbare vlak om die huidige president persoonlik aan te val en nie ’n poging aanwend om sy beleid te kritiseer nie.

Obama het probeer om met sy persoonlike aanval op die president, punte te wn vir die linkse demokrate, maar dit het gboemerang en in sy gesig ontplof toe di president een na die ander mislukking van die Obama regering uitgewys het en gevra het of die kiesers weer in so ’n gemors wil wees deur vir die linkses te stem.

Hierteenoor het die president prober om nie in ’n persoonlike vete betrokke te raak ni, en het telkens gewys op die verskil tussen di Obama bewind en die verbetering in lewensomstandighede wat kiesers tans ervaar.

Alhoewel die Republikeine sukkel om ’n sekere deelstate hulle steun t behou, is daar ook gebiede waar die linkse Demokrate ’n stryd voer om hulle kandidate herkies te kry.

Die verkiesing van Dinsdag kan ’n omwenteling meebring in die koers en aanslag van die Trump-regering, maar wat daardie uitslag gaan wees, en wie die beste uit die stryd tree, sal eers bekend word nadat die stembusse gesluit het.

Verteenwoordigers vir die Huis van Afgevaardigdes en senatore vir die Senaat word gekies, en die uitslag daarvan is nie te raai nie want die Amerikaanse kiesers is gewoonlik onvoorspelbaar.