Brexit vol stoom na eindpunt

Na baie maande van geduld en deursettingsvermoë wat deur die Britse Eerste Minister, Theresa May, openbaar is, blyk dit dat die proses van uittrede uit die Europese Unie sy laaste brug oorgaan.

Brittanje en die Europese Unie (EU) het verskeie kere in ’n doodloopstraat beland met hul onderhandelinge, maar premier May het nooit moed opgegee nie en telkens teruggekeer na die onderhandelingstafel.

Sy het die argwaan van die linkse Arbeidersparty verdra, haar eie parlementslede gemaan tot verantwoordelike optrede en selfs die bedanking van die Minister van Buitelandse Sake ervaar, maar nieteenstaande dit alles, voortgegaan en uiteindelik die knoop deurgehaak.

Premier May het die afgelope naweek ’n ooreenkoms bereik met die EU oor die grens kwessie in Ierland, en daarmee die weg gebaan om die uittrede met ’n behoorlike ooreenkoms t verseker.

Politieke ontleders sê die Britse premier het daarmee getoon van watter gehalte politieke staal sy is, en het ook die monde van haar kritici gesnoer wat deurlopend geprofeteer het dat ’n ooreenkoms met di RU nie bereikbaar is nie.

Foto – Eerste Minister Theresa May