Xenofobie in Middelburg

Polisie in Middelburg het alle uitlanders se winkels gesluit en versoek dat hulle die dorp moet verlaat.

Dit volg na gewelddadige protes in die dorp wat losgebreek het nadat ‘n vrou se liggaam in ‘n woonbuurt gevind is.

‘n Ses-en-twintig jarige man sal in die hof verskyn in verband met die moord.

Stroping van winkels het sporadies sedert Woensdag plaasgevind.