Woede bars los oor Afrika immigrante

Woede het losgebars onder Italiaanse kiesers nadat verneem is dat drie immigrante uit die Afrika staat Senegal en Nigerië in hegtenis geneem is weens die verkragting en moord op ’n jong meisie.

Desiree Mariottini (16) is laas lewend gesien toe sy en ’n maat in Rome was waarvandaan sy huis toe geskakel het om te sê sy het die bus verpas en sal ietwat later tuis kom.

’n Hewige debat is tans in die land aan die gang en regering ondersteuners sê dit is ’n bewys dat onwettige immigrante uit Italie weggehou moet word en nie langer toegelaat kan word nie.

Die nasionalistiese Italiaanse regering het vroeër vanjaar aan bewind gekom en het groot steun gekry vir hulle standpunt dat onwettige immigrante nie in Italië toegelaat moet word nie.