Wêreld Nuusflitse – 4 Oktober

Duitsland

Die legendariese Duitse bokser, Graciano ‘Rocky’ Rocchigiani, wat in die jare 1980 en daarna wêreldkampioen was, sterf in die ouderdom van 54 jaar nadat hy in Italië deur ’n motor raakgery is wat daarna weggejaag het.

 

VSA

Die Pentagon in Amerika is op soek na die skuldiges wat twee keer na mekaar ’n koevert met dodelike gifstof daarin aan die verdedigings departement gestuur het.

 

Italië

’n Swart politikus, ene Cecile Kyenge, gaan deur die nasionalistiese regering van die land gedagvaar word vir haar uitlating dat die regeringslui ’n klomp rassiste is. Sy was vroeër in die linkse regering se kabinet die minister van immigrasie en het die anti-immigrasie regeerders nou as rassiste uitgeskel.

 

Duitsland

’n Duitse firma is met miljoene euro beboet nadat vasgestel is dat hy by ’n sogenaamde “wors kartel” betrokke is waar die prys kunsmatig vasgestel is en vir dekades die Duitse kopers verkul het.