Wêreld Nuusflitse – 3 Oktober

Midde-Ooste

Qatar dagvaar Saoedi-Arabië vir een miljard dollar weens die land se onwettige uitsendings van sokker wedstryde wat Qatar wettig doen, maar benadeel is met die onwettige uitsendings.

 

Duitsland

Die Merkel koalisieregering het uiteindelik ’n ooreenkoms bereik oor die dieselkrisis en sal dieselvoertuie voorlopig nog toegelaat word op Duitsland se paaie.

 

Italië

’n Linkse burgemeester wat ten gunste is van grootskaalse immigrasie is in hegtenis geneem nadat die polisie vasgestel het dat hy betrokke is by immigrasie bedrog waarby groot bedrae geld betrokke kan wes.

 

Indonesië

Nog ’n aardbewing wat bykans 6,0 op die Richterskaal geregistreer het, was Dinsdag die rede waarom duisende mense van Indonesië uit hulle wonings gevlug het en paniekbevange gepoog het om huisinhoud en gesinslede te red teen moontlike skade as geboue inmekaarstort.