Wêreld Nuusflitse – 29 Oktober

VSA

’n Skieter het minstens 11 mense gedood in ’n kerkdiens wat Saterdagoggend gehou is in Pittsburgh voordat die polisie hom kon vastrek, waarna Prsidnt Trump gesê het so iemand behoort die doodstraf te kry.

Sirië

Die regeringshoofde van Duitsland, Frankryk, Rusland en Turkye het byeen gekom om die Siriese krisis te bespreek, en kanselier Merkel het steun gekry vir haar voorstel dat werklike vrye verkiesing in die land baie nodig is.

Rome

Duisend inwoners van die Italiaanse hoofstad Rome het die naweek ’n massa optog gehou uit protes oor die verslegtende bestuur van die stad, en geëis dat die burgemeester onverwyld bedank.

Roemenië

’n Hewige aardbewing het Romenie getref wat 5,8 op die Richterskaal geregistreer het, en is tot in die buurstaat die Oekraïne gevoel. Woordvoerders kon nog nie vasstel wat die werklike omvang van skade is nie.