Wêreld Nuusflitse – 19 Oktober

VSA

Die Amerikaanse president Donald Trump, het Turkye versoek om hulle bewyse vry te stel wat toon dat Saoedi-Arabië betrokke was by die moord op die joernalis en skrywer, Jamal Khashoggi, wat blykbaar in die konsulaat van Saoedi gepleeg is.

 

EU

Die ekonomiese afdeling van die Europese Unie is steeds van mening dat die Italiaanse regering hulle begroting moet wysig om nie die land se skuldlas verder te verhoog deur sowat 37 miljard euro aan kortings toe te laat vir belastingbetalers nie.

 

Kanada

Die Kanadese regering is skerp gekritiseer deur die Verenigde Nasies se gesondheidsafdeling nadat die land aangekondig het dat die vrylike gebruik van dagga nou gewettig word.

 

Griekeland

Die Griekse minister van buitelandse sake, Nikos Kotzias het bedank weens kritik teen hom oor sy direkte aandeel in die onderhandelings om die noordelike buurstaat se naam te verander na “Republiek van Noord Masedonië”.