Wapen verkope aan Saoedi gestop

Terwyl Saoedi Arabië in die spervuur bly oor die wrede moord op ’n joernalis asook sy aandeel in die dood van tientalle burgerlikes in Jemen, het die Europese Unie ’n beroep gedoen op lidlande om wapen voorsiening aan die land te stop.

Die oproep volg kort nadat Duitsland aangekondig het dat hy die wapenverkope op die ys plaas tot groter duidelikheid oor die verskillende sake verkry is.

Die moord op die joernalis Jamal Khashoggi het reds internasionale weerstand gewek ten Saoedi, maar die Amerikaanse regering het nie sy wapentransaksie met die koninkryk gekanselleer nie.

Duitsland is naas die VSA, die grootste voorsiener van wapentuig aan Saoedi, en waarnemers meen die transaksie sal nie volledig gekanselleer word nie.

Intussen het verskeie lande hulle by die oproep van die EU geskaar en bestaan die vermoede dat druk later op die VSA sal verhoog om sy ooreenkoms op ys te sit.