Wanneer suiwer Ramaphosa die VBS lug

Suid-Afrika sit op hete kole en wag om te sien hoe die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sy woord gestand doen om die land skoon te vee van korrupsie en finansiële diewe.

Die president het belowe om van dag een te werk aan ’n skoonmaak-program, maar tot hede het die kiesers nog net verneem van hoe Suid-Afrika verder besoedel word deur korrupsie en wanbestuur.

Kiesers wag op reaksie van die president met betrekking tot die voorval van die VBS Mutual Bank in Noord-Transvaal  en sê die opmerking dat die “reputasie en geloofwaardigheid” van die ANC ernstige skade gekry het, is nie genoeg om individuele beleggers en belastingbetalers se geld te verkwis nie.

Iemand het glo gesê hulle hou die president goed dop om te sien of hy werklik behoorlik gaan skoonmaak soos wat dit betaamlik sal wees, maar tot hede het weinig gebeur, word gesê.

Foto – Cyril Ramaphosa