VSA wil troepe na Meksiko grens stuur

Die president van Amerika, Donald Trump, het die opmars van voetslaners uit Sentraal Amerika onderweg na die grens tussen Meksiko en die VSA bestempel as ’n “nasionale noodtoestand”.

Minstens 1,000 Amerikaanse troepe is onderweg na die grensgebied om te voorkom dat die onwettige immigrante deurbreek na die VSA gebied.

Die troepe s teenwoordigheid op die grens word allerweë as ’n noodsaaklike maatreël beskou om te voorkom dat die onwettige immigrante Amerika binnedring, veral aangsien die hoë grensmuur wat opgerig word, nog vêr van klaar is.

Dit is nie bekend wat die opdrag aan die trope is nie, en te gewelddadige handelinge kan lei tot ’n internasionale geding wat die Trump-regering nie nou vlak voor die middel0verkiesing kan bekostig nie.

Di opdrag aan die Weermag moet dur die Minister van Verdediging, Jim Mattis onderteken word, en die verwagting is dat ’n gematigde houding aangeneem sal word.

Weermag deskundiges wat bekend is met skare-beheer sê hulle is nie seker of ’n 1,000 troepe genoeg is om die derduisende voetslaners in toom te hou nie.

’n Tweede karavaan voetslaners het enkele dae gelede ook begin stap en sowat 7,000 het by die onwettige immigrante aangesluit wat op dieselfde roete stap as die eerste stappers.

Foto – Op pad na Amerika