VSA wil onttrek uit kernwapen ooreenkoms

Die Verenigde State van Amerika se Nasionale Veiligheidsadviseur se besoek aan Moskou volg nadat President Donald Trump gewaarsku het dat die VSA sal onttrek uit die Internasionale Kernverdrag weens die beweerde skending daarvan deur Rusland.

In reaksie daarop het Moskou gewaarsku dat so ’n stap ’n uiters gevaarlike een sal wees wat liefs nie oorweeg moet word nie.

Die VSA se veiligheidsadviseur, John Bolton, het kort na die president se waarskuwing, na Moskou vertrek en sal twee dae van uitermatige spanningsvolle gesprekke voer met senior beamptes van die Kremlin.

President Trump het gesê hy sal die VSA onttrek van die Koue Oorlog-era Kernwapen ooreenkoms met Rusland.

Die drastiese stap word oorweeg deur Trump omdat bewerings gemaak word waarvoor daar klaarblyklik bewyse bestaan, dat Rusland die ooreenkoms geskend het, maar hy het geen direkte optrede van die Russe uitgewys nie.

President Trump het ook gesê hy sal die VSA uit die Internasionale ooreenkoms onttrek en voortgaan met die vervaardiging van kernwapens, tensy Rusland en Sjina bereid is om ’n nuwe kernwapen ooreenkoms te onderteken.

Die dreigement van president Trump kan nie ligtelik opgeneem word nie, en die wêreldleiers is erg bekommerd oor die nuwe verwikkeling so kort voor die aanvang van ’n tweede gesprek met die kommunistiese leier, Kim Jong-Un van Noord-Korea.

Intussen het ’n woordvoerder van die Russiese president gesê sy land se president sal antwoorde verwag van die Amerikaners oor die beskuldigings wat gemaak is.

Die VSA het gedurende die afgelope dekade herhaaldelik beswaar gemaak teen Rusland se optrede en gesê hulle skend die Internasionale kernverdrag, maar niemand het gewaag om die feite daaroor bekend te maak nie.

Intussen het die Britse Minister van Verdediging gesê Brittanje staan bankvas by Washington oor die aangeleentheid en bygevoeg dat die Russe ’n aap maak van die ooreenkoms.

Die Verdrag tussen die VSA en Rusland is in 1987 opgestel en onderteken dur president Ronald Reagan van Amerika en die destydse Russiese president, Mikhail Gorbachev wat ondermeer bepaal dat beide lande onderneem om toetse met krui missiele slegs tussen 500 en 5,500 kilometer sal wees.

Die ooreenkoms was die direkte gevolg dat die Koue Oorlog uiteindelik beëindig is en die wedloop van wapen ontwikkeling afgeplat is.