VSA stuur duisende troepe na grens

Die Verenigde State van Amerika het besluit om minstens 5,000 troepe van die Nasionale Weermag na die landsgrens met Meksiko te stuur ten einde die onwettige immigrante te verhoed om die land in te kom.

Aanvanklik sou ’n 1,000 troepe gestuur word, maar Weermag deskundiges sê om skarebeheer doeltreffend te bestuur, sou dit veels te min mense wees om die derduisende onwettige immigrante te keer om nie oor die grens te kom nie.

Generaal Terrence O’Shaughnessy, hoof van die VSA Noord Kommandement sê sowat 800 troepe is reeds ontplooi, en ’n verdere 5,200 sal binne enkele dae bygevoeg word om die grens te bewaak.

Die troepe sal aanvanklik fokus op die grens van Texas, daarna by Arizona en Kalifornië, maar die plan is om voortdurend veranderings toe te pas na mate dit vereis word.

Die opmars uit drie lande in Suid-Amerika het reeds vêr gevorder in Meksiko en stap deur die land om die Amerikaanse grens met Meksiko oor te steek.

’n Tweede groep stappers van sowat 7,000 mense het later in dieselfde roete begin stap met die doel om deur die Amerikaans grens te beweeg.

Van die Weermag troepe is daar sowat 2,000 wat ervaring opgedoen het tydens hulle dienstyd in die Midde Ooste.