VSA sluit konsulaat in Iran

Die Verenigde State van Amerika blameer Iran daarvan dat die land se owerheid ’n dreigende houding openbaar teenoor die Amerikaans konsulaat in Basra.

Basra word die afgelope weke geteister deur anti-regering protesoptogte wat soms gewelddadig word en klaarblyklik ten doel het om Iranse belange te skaad.

Die onrus en gevaarlike situasie vir Amerikaanse burgers van die konsulaat het die Trump-regering laat besluit om die konsulaat te sluit.

Die besluit kom in ’n tyd wat Washington en Teheran harde woorde na mekaar slinger en die VSA met swaar sanksies teen Iran begin het.

Om optimale druk op Iran te sit het die VSA die wêreld se sakemann gewaarsku dat indien hulle sake doen met Iran, die VSA sy deure vir sulke ondernemings sluit.

Dit het daartoe gelei dat talle groot maatskappye soos die Franse oliereus Total, ’n Volkswagen van Duitsland besluit het om te onttrek uit Iran.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het Iran gewaarsku dat hy die land se regering direk verantwoordelik hou vir enige iets wat met die konsulaat personeel gebeur.

Hy sê Iran is gewaarsku dat hulle moet verstaan dat die VSA onverwyld sal reageer op enige moontlike aanval van watter aard ook al op Amerikaanse burgers in die land.

Foto – Minister Mike Pompeo