VSA Demokrate spartel in verkiesing

Die verkiesing van senatore in Amerika laat die Demokratiese Party spartel en verflou die hoop om die meerderheid te kry in die Senaat.

Heidi Heitkamp, die gewilde senator in Noord Dakota, moet deur die Demokrate gewen word om enigsins ’n kans te kry vir ’n meerderheid in die Senaat, maar nou blyk dit dat sy die verkiesing gaan verloor teen die Republikein, Kevin Cramer.

Alhoewel die deelstaat Noord Dakota tradisioneel ’n vesting is van die Demokrate, het president Trump tydens die presidentsverkiesing die meeste steun aldaar gekry.

Nou blyk dit of die kiesers nie meer hulle steun aan die Demokrate wil geen nie en sê die party het te veel na links beweeg in die afgelope paar jaar.

Die demokrate moet minstens twee senatore meer verkies kry om ’n meerderheid in die senaat te bekom, maar met Noord Dakota in die weegskaal, kan sake lelik skeefloop vir die linkse party.

Van die 35 senator sitplekke wat nou beskikbaar is vir verkiesing op 6 November, is 24 tans in die hande van die Demokrate, terwyl die Republikeine slegs nege moet verdedig en behou om hulle meerderheid in stand te hou, en twee senatore is onafhanklikes.

Die Demokrate se probleem is juis daarin dat hulle nou verkiesing moet hou in gebiede waar president Trump tydens die presidentsverkiesing die meerderheid ingepalm het.

Dit maak die verkiesing van senatore in die gebiede baie moeilik vir die demokrate, en bestaan die moontlikheid dat die Republikeine hulle meerderheid verder kan vergroot.

Noord Dakota se kiesers het in ’n peiling van Septembermaand, weereens bevestig dat hulle tevrede is met president Donald Trump se regering toe 52% van die deelnemers hom gesteun het teenoor die 44% vir die Demokrate.

Indien die Republikeine se kandidaat, Kevin Cramer, die grootse aantal stemme trek, is dit neusie verby vir die Demokrate om ’n meerderheid in die Senaat te kry.

Foto – Kevin Cramer