VSA bereik nuwe akkoord met bure

Na vele beraadslagings tussen die Amerikaners en die Kanadese buurland het die twee state en Meksiko uiteindelik weer ’n handelsooreenkoms bereik wat die vorige akkoord vervang.

Die ooreenkoms is die afgelope naweek ter elfder ure bereik, kort voordat die VSA se nuwe invoerheffings van toepassing sou raak op Kanada en Meksiko.

Die akkoord wat die vorige Noord Amerikaanse Vrye Handel Ooreenkoms (NAFTA) vervang  is slegs enkele ure voor middernag aangekondig wat nyweraars en sakelui in die drie lande  laat sug het van verligting.

Die Amerikaanse president het vroeër die VSA onttrek uit die Nafta akkoord omdat die VSA benadeel is ten koste van die ander twee lande, en is reggestel met die nuwe akkoord.

In ’n gesamentlike persvrystelling sê die drie lande dat die nuwe akkoord ’n meer realistiese en meer moderne handelsooreenkoms is tot voordeel van nyweraars, landbouers en sakelui in die algemeen.