Vreemde natuurverskynsel in Antarktika

Iets vreemd is aan die gebeur in Antarktika wat wetenskaplikes van Nasa laat kop krap oor ’n moeilik verstaanbare verskynsel wat beskryf is as ’n rare en vreemde aantal “deeltjies” wat die fisikus verstom.

Die “deeltjies” wat opgemerk word, is vreemd aan enige natuurkundige en kan nie verklaar word nie omdat dit geheel en al ’n nuwe verskynsel is.

Die verskynsel wat volgens Antarctic Impulsive Transient Antenna (Anita) se wetenskaplikes beslis nie bekend is nie, is aangetref in ’n deel, sowat 35 kilometer van die Suidpool en Nasa wil vasstel met die hulp van radio-antennas welke deeltjies daar deur die ruimte beweeg en wat waarskynlik ook in Antarktika gevind is.

Die deeltjies wat ook beskryf word as “flitsende deeltjies” uit die ruimte of dalk “kosmiese straling” is meetbaar wanneer dit deur “groter transpirasie oppervlaktes beweeg”.

Die vermoede bestaan dat die deeltjies daar te lande kon kom toe dit met die aarde gebots het, maar dit is nog onverklaarbaar wat die vreemde stof is en hoe dit daar gekom het.