Verkeersversperring verlam die ekonomie

Die doelbewuste blokkering van verkeer op nasionale paaie is besig om die land se ekonomie ernstig te knel.

Dit is die mening van die ekonoom Mike Schussler (foto), na Vrydag se chaos toe beide die N3 en N2 tot stilstand gedwing is deur  lede van Cosatu, Pappie (People Against Petrol & Paraffin Increases), die SAKP en Progressiewe Jeugalliansie.

Volgens Schussler het die optredes ‘n rimpeleffek, want goedere kan nie afgelewer word nie en dit kan ook lei tot verhoging van versekering  in die vervoerbedryf.