Venezuela wil praat met Trump

Die omstrede president en diktator van Venezuela, Nicolas Maduro, het bo alle verwagtinge ingestem om samesprekings te voer met die Amerikaanse president.

Maduro het aan die media gesê hy is gereed om oor enige onderwerp met die Amerikaanse president, Donald Trump, te praat.

Hy het die bereidheid ook in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies herhaal en bygevoeg dat hy en president Trump wel hulle verskille het, maar dat hy tog bereid is om te praat.

Venezuela wat eens een van die rykste lande van Suid-Amerika was, is tans so verarm dat ekonome die land beskryf as tegnies bankrot.

President Trump het hom bereid verklaar om met die sosialistiese staatshoof van Venezuela te praat en bygevoeg dat dit ’n toestand van skaamte is hoe dit in Venezuela gaan waar duisende inwoners die land moet uit op soek na voedsel en medikasie.

Dit is nie bekend of die twee staatshoofde wel tot ’n bilaterale gesprek sal kom nie, maar waarnemers sê dit sal ’n positiewe stap wees om te voorkom dat die kommunistiese Sjina nie die land beheer nie.

Foyo – President Nicolas Maduro