VBN: ANC het miljoene “donasie” ontvang

Die  media beweer dat die ANC R2 miljoen as donasie ontvang het van VBS Mutual Bank se base. 

Die kommunistiese ANC het gereageer deur te sê dat hul slegs bewus is van ‘n R250,000 skenking om ‘n tafel te koop tydens die party se verjaarsdag.

Waarnemers reken as dit waar is wat in die media verskyn het, sal die geld terug betaal moet word.

Die ANC, Brian Shivambu, Danny Msiza van Limpopo en ook die EFF word almal genoem as moontlike “begunstigdes” van die R2 miljard se diefstal.