Twaalf pos-bomme skud VSA

Dit het ’n senior span van die FBI en hoogs opgeleide beamptes van die Central Intelligence Agency (CIA) se aanhoudende soektog gekos om die skuldenaar vas te trek.

Die pos-bomme wat aan twaalf mense gestuur was, kon met uitstekend speurwerk van die Amerikaanse veiligheidsdienste opgespoor en verwyder word voor die geadresseerdes in ’n vernietigende aanval gedood of vermink gelaat kon word.

In ’n reuse soektog is die beweerde skuldenaar uiteindelik geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Alhoewel die media te kenne gee dat die pos-bomme aan kritici van president Trump gestuur is, het verskeie Republikeine ook ’n pos-bom ontvang.

Politieke ontleders sê die aangeleentheid kan gesien word as ’n poging om die Demokrate t bevoordeel in die middel-termyn verkiesing wat op 6 November plaasvind wanneer ’n hele aantal kandidate tot senatore verkies moet word.

Die verdagte, Cesar Sayoc (56) is oorspronklik ’n inwoner van New York wat tans in die deelstaat Florida woonagtig is. Hy is Vrydagmiddag deur die veiligheidsmagte opgespoor en is tans in aanhouding.

’n Woordvoerder van die owerheid het egter te kenne gegee dat daar waarskynlik nog mense betrokke was by die laakbare projek en die ondersoek duur voort.

Savoc is ’n geregistreerde lid van die Republikeine en het ’n lang lys van oortredinge waaraan hy skuldig bevind is, en wat dateer so vêr terug as 1991.

Foto – Cesar Sayoc