Turke laat VSA pastoor vry

Die Amerikaanse geestelike, pastoor Brunson, is uiteindelik vrygelaat dur die Turkse owerheid, en kon nie wag om sy terugreis na die VSA te begin nie.

Die pastoor was vir meer as twee jaar in aanhouding deur die Turkse owerheid nadat hy verdink is van terrorisme.

President Donald Trump het aanvanklik versoek dat die Turkse owerheid die Amerikaner vrylaat, en toe Turkye weier om gehoor te gee het die president gewaarsku dat sanksies teen Turkye ingestel sal word.

Verlede Vrydag het die Amerikaanse president tydens die verkiesingsveldtog van senators bekendgemaak dat deurlopende druk op Turkye nou goeie vrugte gelewer het en dat pastoor Andrew Brunson vrygelaat is en spoedig na die VSA sal terugkeer na 23 jaar in Turkye waar hy geestelike werk gedoen het.

President Trump beywer hom ook daarvoor om mense te laat terugkeer na Amerika, en het vroeër vanjaar ook daarin geslaag om die oorskot van soldate terug te kry uit Noord-Korea.

Pastoor Andrew Brunson het Sondag in die VSA aangekom en is deur ondermeer president Donald Trump terug verwelkom in die land.

Foto – Pastoor Brunson