Tshwane se R1,2 miljard spook

’n Tussentydse Ondersoek verslag wat uitgebring is oor die sogenaamde Tshwane se kontrak waarby R1,2 miljard betrokke is, laat die fokus weereens plaas op die korrupsie in Suid-Afrika wat maar net nie wil stop nie.

Die owerheid het ’n infrastruktuur kontrak aangegaan met die ingenieurs konsultant GladAfrica wat nou beskou word as onregmatig, het die regerende party met rooi neuse gelaat.

Dit blyk dat die reuse kontrak nie in ooreenstemming met die grondwet en die Munisipale Finansiële Bestuur Wet en regulasie 32 is nie.

’n Finale verslag word eersdaags verwag oor die GladAfrikca instansie wat oor ’n tydperk van drie jaar werk gedoen het en miljoene aan kommissie gekry het.

Die stadsbestuurder, Moeketsi Mosola, se argument is dat GladAfrica gekontrakteer is onder regulasie 32 van die tender proses.

Foto – Moeketsi Mosola