Trump stuur af op grensoorlog

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n ernstige waarskuwing gerig dat hy oorweging gee daaraan om Amerikaanse weermag troepe na die grens met Meksiko te stuur om te voorkom dat Meksikane onwettig die land binnekom.

Meksiko is ook bekommerd oor sowat 3,000 mense vanaf Honduras wat die grens na hulle oorgesteek het en blykbaar beoog om na die VSA te beweeg.

President Trump het die regerings van El Salvador, Guatemala en Honduras geblameer vir die uittog wat plaasvind van mense wat onderweg is na die VSA op soek na ’n beter lewe.

Trump waarsku dat hy die grens met Meksiko sal sluit en troepe sal uitplaas om die grens te bewaak teen enige indringers, en het die regering van Meksiko gevra om self sy grense te bewaak teen onwettige immigrante.