Tito Mboweni en E-Tol

Die hoof tollenaar,  minister Mboweni, van die ANC-regering het homself bloedneus geloop met sy opmerking dat mense hul tolgeld moet betaal. 

Tito Mboweni het die opmerking gemaak tydens sy middel-begrotings rede en die daaropvolgende reaksies was redelik sterk.

OUTASA se Wayne Duvenhage het die minister laat verstaan dat die stelsel misluk het en onwerkbaar is, terwyl die sosiale netwerke besig was om die ANC en die Guptas met geen vleiende woorde beskuldig het oor die grootskaalse diefstal wat nou weer met tolgeld verhaal sal moet word.

Die E-tol projek wat bedoel was om nog swaarder belastings op die inwoners van die land te laai, is deur die groot meerderheid motoriste geïgnoreer en weier hulle om die tolgeld rekeninge te vereffen wat die projek jaarliks groot verliese aan inkomste laat toon.