Tito kan BTW verhoog

Belastingkenners het gewaarsku dat daar ‘n verdere BTW verhoging kan kom.

Tito Mnboweni, die nuwe minister van finansies, moet later die maand die regering se mediumtermyn begrotingsbeleid aankondig en dit kan net moontlik wees dat die regering gaan poog om die tekort op belasting inkomste aan te vul met ‘n verdere verhoging van die BTW koers.

Die versuikerde pil is dat die nul koers op verdere goedere toegepas gaan word, wat daarop neerkom dat die sogenaamde rykes weer die ander moet subsidieer.