Tientalle ou skeepswrakke gevind

Nagenoeg 58 ou skeepswrakke wat dateer uit verskillende tydperke is naby die Griekse strande gevind waarvan verskeie ook kosbare goedere bevat.

Die ontdekking word gesien as die grootste van sy soort in die Middellandse See wat nog deur diepsee duikers ontdek is.

Die 58 wrakke het groot hoeveelhede kosbare goedere en besondere antieke ware wat dateer uit die jare van Griekse en Romeinse eras.

Een van die diepsee duikers het later gesê dit is moeilik om ’n beskrywing te gee van die kosbare artikels wat ontdek is, maar dit sal sekerlik ’n bydrae lewer wat die geskiedenis se verhale verander.

Dr. Peter Campbell van die Fournoi projek sê die ontdekking is waarskynlik die mees opspraakwekkende argeologiese gebeurtenis van die eeu

Meer as 300 verskillende artikels is gevind wat dateer uit die vroegste tye wat historici ’n ryke bron van nuwe inligting verskaf wat lig op die verlede sal werp.