Swart Maandag protes

Lede van die Nasionale Konserwatiewe party het ‘n optog gehou na die VSA ambassade en die Australiese Hoë Kommissaris in Pretoria.

Die optoggangers het glo gevra dat die VSA en Australië moet ingryp in die toenemende voorvalle van moorde teen Blankes in Suid Afrika.

Die ANC regime weier om plaasmoorde as ’n prioriteit te hanteer en verkies om eerder spesiale taakmagte by bendegeweld te ontplooi wat hoofsaaklik in die Wes-Kaap en Sentraal Transvaal amok maak.

Intussen het die VSA bekend gemaak dat hy ’n ondersoek doen oor moorde op blankes in die land, maar die ANC president het by geleentheid ontken dat moorde op blankes van noemenswaardige omvang is.