Studentefonds in wanorde

Dit is nie net Jacob Zuma wat nie kan tel nie, want die Nasionale Studente Finansiële Hulp Skema het meer as R500 miljoen verkeerdelik uitbetaal aan studente.

Dit beteken studente het meer geld ontvang as wat hul moes ontvang.

Verder is daar bykans R303 miljoen se ongemagtigde uitgawes gedoen.  Die liggaam het tans lenings uitgegee ter waarde van R10,3 miljard aan studente wat terug betaalbaar is sodra studies voltooi is of as die student nie slaag nie.

Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het verder bevind dat kontrole maatreëls nie voldoende is by die instelling nie.