Staat se entiteite steel alweer

Ten spyte van soveel versekeringe dat die bankrot gesteelde staatsentiteite nie weer gehelp sal word nie het vader Tito weer geskenke uitgedeel. 

Die algehele bankrot SAL sal R5 miljard kry, die SA Express R1,2 miljard en die treurige Poskantoor R2,9 miljard.

Die nuwe Minister van Finansies het die aankondiging gemaak tydens sy middel begroting terwyl daar geen aanduiding is dat die drie instansies enige werkbare plan het om hulleself van verdere bankrotskap te red nie.

Die minister skenk dus nog R9 miljard wat deur wanbestuur verlore sal raak waarvan bedrog een deel van die wanbestuur is.

Dit is bekend dat die staatsdiens met ongerymdhede soos tender bedrog, gewone diefstal, korrupsie en onbekwame bestuurders die land ekonomies ruïneer.

Om alles nog aakliger te maak, word hand gehou by die privaat sektor  om die gemors reg te maak dur hulp te gee sodat die dienste meer doeltreffend kan word.

Politieke ontleders sê te veel swart bestuurders faal maar diegene wat nie mag werk in die staatsdiens weens hulle velkleur nie, moet help regmaak.

Mboweni het dus erken dat swart bestuur  onbevoeg is, en moet die afgedankte blankes gaan help sodat die onbevoegdes weer met die roem kan wegloop dat hulle goeie bestuur toegepas het.

Die vliegtuie moet in die lug bly, die poskantoor moet die bietjie pos nou begin aflewer en die welsyn se pensioene uitbetaal, maar die belasting betalers weet dat R670 miljard is al in die vuilwatersloot gegooi by so baie plekke waarvan SAL, Spoornet, Poskantoor en Denel enkele voorbeelde is.