Spanning verhoog tussen Kataloniërs en Spanje

Duisende separatiste in Katalonië het die afgelope naweek is die strate van Barcelona saamgekom in ’n optog waartydens die referendum en mislukte onafhanklikheidsverklaring herdenk is.

Die optog het veroorsaak dat die polisie se pogings om dit te stop, gelei het tot ernstige botsings tydens Maandagaand se verrigtinge.

Waarnemers meen dit is ’n duidelike teken dat die meerderheid Kataloniërs nog nie hulle vryheidstrewe laat vaar het nie, en dit lei tot spanning met die Spaanse regering wat weier om dialoog te voer oor die aangeleentheid.

Die referendum van ’n jaar gelede het getoon dat die meerderheid kiesers ten gunste van afskeiding is, en die president van die deelstaat het tydens ’n parlementsitting die onafhanklikheid van Katalonië aangekondig.

Die Spaanse regering het woedend gereageer en is verskeie leiers van die separatiste in hegtenis geneem en later verhoor, maar die destydse president, Carles Puigdemont,  het uitgewyk na Vlaandere waar hy tans woon.

Vlaamse parlementslede het aangedui dat Puigdemont moontlik verkies gaan word as lid van die Europese Parlement, wat dit uiters ongemaklik vir Spanje kan maak.