Spaanse nasionaliste kom in beweging

Die linkse Sosialistiese regeerder van Spanje het ’n nuwe vrees ontwikkel nadat peilings getoon het dat die nasionalistiese VOX aansienlike groei getoon het in die afgelope maande sedert die immigrante kwessie weer kop uitgesteek het.

Spaanse kiesers het in die afgelope maand getoon dat hulle sterk gekant is teen die instroming van onwettige immigrante uit Afrika, en wend hulle tot die anti-immigrante party wat tans ’n opbloei beleef.

Die sosialiste se vrees is vererger toe derduisende kiesers die afgelope naweek in ’n optog hul ontevredenheid openbaar het in die state van Madrid, die hoofstad van Spanje.

Baniere en vlae van die VOX nasionaliste het slagspreuke gedra soos “Spanje Eerste” terwyl hulle saamgekom het voor die Vistalegre Paleis.

Die party wat in 2013 gestig is, het stadige groei getoon, totdat die immigrante krisis ook na Spanje oorgewaai het toe Italië geweier het om die onwettige immigrante uit Afrika te ontvang.

Die Europese Unie se swak regulasies oor grensbeheer het reeds in 2017 laat ligte flikker wat die VOX se groei gestimuleer het.

Spanje is egter erg verdeel op politieke gebied, en met twee ander konserwatiewe partye in die wedloop, sal die nasionaliste moeilik tot ’n regerende party vorder, sê die politieke ontleders in die land.