Sewe beamptes vasgetrek

Sewe werknemers van die Departement van Minerale Sake is vasgetrek op klagtes van korrupsie.

Volgens Gwede Mantashe, die verantwoordelike minister, is hy besig om “huis” skoon te maak.

Dit volg nadat hy twee kantore gesluit het, een in die Oos-Transvaal en die ander in Limpopo weens beweerde korrupsie. Twee beamptes is afgedank terwyl sewe ander in die hof gaan verskyn.