Ses verdagtes en SAID bedrog

Ses verdagtes, waaronder twee rekenmeesters, het in die Durbanse hof verskyn op aanklagte van belastingontduiking. R30 miljoen is glo betrokke en die ses staar klagtes van bedrog, diefstal en geldwassery in die gesig.

Name soos Abdool Voraje, Mohammed Ismail en Shoukath Ally verskyn op die klagstaat. Verdere klagtes word tans ondersoek teen van die verdagtes.