Schumacher se seun word kampioen

Mick, die 19 jarige seun van die wêreldberoemde Formule Een kampioen van weleer, Michael Schumacher, het pas die Formule Drie kampioenskap in Europa verower en daarmee in die voetspoor van sy pa gevolg.

Met sy goeie vertoning in die F3 wedren in Hockenheim die afgelope Saterdag, het hy sy plek as wenner vasgemaak vir die 2018 seisoen.

Dit is die jong Schumacher se eerste groot oorwinning wat op hom wag toe hy 51 punte bekom het in die wedloop wat uiteindelik die afgelope naweek geëindig het en hy as die finale wenner aangewys is vir vanjaar se Formule 3 kompetisie.

Die jong renjaer het vroeër gesê hy wil graag in sy vader se voetspoor volg, en het met vanjaar se oorwinning daardie eerste tree gegee.