SAUK werkers kry kennis van afleggings

Die SAUK het Maandag kennis uitgestuur aan personeel van die uitsaaier dat in terme van Seksie 189 van die Arbeids Wet , begin gaan word met aflegging van werkers. 

Die aflegging raak groep dienste, provinsiale operasies, handels entiteite, media,  tegnologieë, nuus, radio, sport en televisie afdelings.  

Geen melding is gemaak van of die top struktuur ook onder die byl gaan kom nie, en daar kon nie vasgestel word of blanke werkers die hoof teiken is nie.

Die nasionale uitsaaier is reeds vir jare in ’n finansiële gemors sedert die ANC regime die bewind oorgeneem het.

Jaarliks moet miljoene Rand van die belastingbetalers se fondse gekanaliseer word na die uitsaaier om dit staande te hou.