SAUK se R80 miljoen bonusse

Die bankrot ANC uitsaaier het meer as R80 miljoen betaal aan direkteure en uitvoerende hoofde van die entiteit. Een direkteur het ‘n handige R15 miljoen bonus pakket ontvang terwyl vyf ander meer as R4 miljoen elk “verdien” het.

Volgens ‘n woordvoerder gaan gepoog word om van die geld te herwin!

Intussen is die SAUK so bankrot, dat hulle erken het dat hulle geen waarborg kan gee dat hulle die volgende drie maande salarisse sal kan betaal nie, en is hulle besig met ‘n proses van afleggings.