Saoedi wou wegkom met leuen

Die VSA se Departement Buitelandse Sake wil blykbaar die visums van Saoedi Arabiese hooggeplaastes intrek en die onbekombaar maak vir hulle.

Die drastiese stap volg nadat die koninkryk met leuens wou wegkom oor gebeure wat die dood van die vermoorde joernalis, Jamal Khashoggi, veroorsaak het.

Aanvanklik het hooggeplaastes in Saoedi Arabië te kenne gegee dat die joernalis in ’n vuisgeveg gedood is.

In ’n tweede poging om die wereld te mislei, is verklaar dat dit ’n fout was dat die man vermoor is, en uiteindelik moes die wereld uit ander bronne verneem dat die vermoorde se liggaam aan stukke gekap is en dele daarvan deur die Turkse polisie gevind is.

Minstens 21 hooggeplaaste Saoediese burgers se visums is ingetrek en word nie weer beskikbaar gestel nie.

President Donald Trump van Amerika het gesê die poging van Saoedi Arabië om te verduidelik wat gebeur het in die Saoedi konsulaat in Turkye op 2 Oktober, is ’n totale fiasko.

Die VSA se Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het later bekend gemaak dat ’n aantal hooggeplaastes in die regering van Saoedi geïdentifiseer is wat op ’n wyse betrokke was by die gruwelike daad.