Saoedi dood talle Jemen burgerlikes

Groot ontevredenheid heers onder Westerse leiers nadat Saoedi-Arabië weereens skuldig is aan oorlogsmisdade nadat hy 21 burgerlikes in Jemen gedood het tydens ’n verwoede lugaanval.

Di mense was almal betrokke by ’n ’n groete en vrugte mark toe nog ’n lugaanval op die gebied uitgevoer is en die burgerlikes in die slag gebly heet.

Die Verenigde Nasies het in ’n verklaring sy misnoeë te kenne gegee oor die slagting op burgerlikes wat nie by enige geweld betrokke is nie en ’n “skokkende prys” moes betaal.

Berigte dui daarop dat sowat 10 burgerlikes beseer is en hospitaal behandeling ondergaan na die aanval van die Saoedi-koalisie magte.

Volgens die VN woordvoerder kom die aanval ses dae nadat die Saoedi-alliansie missiele afgevuur het wat glo 17 mense gedood het.

Vroeër het Saoedi in die spervuur gekom toe hy met wapentuig uit Spanje ’n skoolbus gebombardeer het en 40 kinders omgekom het.

Kort voor die gru voorval, het die Saoedi-alliansie ook 51 burgerlikes gedood in dieselfde omgewing van Jemen.