SAID regshoof geskors

Die SA Inkomstediens (SAID) het aangekondig dat hulle hoof van regsdienste, Refiloe Mokoena (foto), geskors is.

Dit volg na bewerings dat Mokoena betrokke kon wees met die onwettige uitbetaling van meer as R42 miljoen BTW terugbetalings aan die Gupta gebroeders.

Mokoena het ook op Denel se raad gedien toe ‘n gesamentlike projek geloods is tussen Denel en die Gupta VR Laser maatskappy.

Daar word nou gevra wie doen die agtergrond studies en aanstelling van diesulkes wat krimineel vervolg behoort te wees.