Russe beskuldig VSA van aggressie

’n Amerikaanse vegvliegtuig het beheer geneem oor 13 hommeltuie wat oor Sirië gevlieg het en later van rigting verander het op koers na ’n Russiese lugmagbasis.

Die aanklag is die afgelope naweek deur ’n Russiese woordvoerder gemaak wat bygevoeg het dat die Russiese militêre magte daarin geslaag ht om die beweerde aanval te ontduik.

Die beweerde aanval dur Amerikaanse hommeltuie is deur die Russiese Adjunkminister van Verdediging,  Alexander Fomin , bekend gemaak tydens sy besoek aan Beijing.

Hy beweer die aanval op die basis is in Januarie vanjaar gedoen, maar waarnemers sê dit word in twyfel getrek aangesien die Russe nie nou eers daarop sou rageen of dit bekendmaak nie.